Tuesday, November 13, 2012

Telkom (Spermcount) - A Really Big Wank

Van my vriend Daan Smit in Pretoria!
Ek is nou so kwaad jy kan 'n eier in my gat veras, never mind kook.

Telkom natuurlik.

Die foon en internetlyn het op 13 Oktober (presies 'n maand gelede) buite werking geraak. Ek het dit op Maandag 15 Oktober by die werk aanlyn gerapporteer. Daar het ek boodskap gekry dat 'n sogenaamde area fout reeds gerapporteer is en dat ek nie hoef te rapporteer nie. Ek het nietemin gerapporteer.

So 'n dag of twee later het ek weer navraag gedoen en is ingelig dit sal so 'n so dag of twee neem en dan is dit reg. So of dag of twee later skakel ek weer en hoor toe somme r- in een gesprek - dat dit eers so 'n week, en toe so twee sinne verder, dat dit so drie of vier weke sal neem.

Kan ieemand my kwalik neem dat ek my gruwelik vererg het vir die totale oningeligtheid en arrogante houding van die Telkom operateur? Elke keer kry ek dan ook 'n sms wat my inlig dat die klagte "ge-eskalleer" is!

Daarna het ek ander kanale gevolg. Verlede week het ek my internet diensverskaffer, MWEB gekontak en binne 'n paar uur kon ek begin vordering sien. Saterdag, (amper 'n maand later) kom tegnikus by my aan. Na lang gesoek en draadtrekkery op die paal, lig hy my in dat dit die kabel tussen die "boks" en Albertstraat in Waterkloof is. Daar gaat hy toe. Sou glo na Kabelafdeling eskaleer.

Paar dinge geleer

• Telkom telefoon-operateurs het opleiding dringend nodig

• Telkom telefoon-operateurs lieg

• By Telkom beteken die woord "eskaleer" fokol

• Ek moet die land verlaat of ek gaan 'n beroerte kry

Netnou bel een of ander HR karakter van Telkom my wragtag en vra dat ek moet die operateurs moet "rate". For crying out loud! Die blerrie foon is steeds nie reg nie en ek moet hulle "rate" op grond van wat? Diens?"

No comments: